Heel eerste wil ek saam met jou al die eer, lof, dank en aanbidding aan ons hemelse Vader bring vir die voorreg om ook op hierdie manier instrument te mag wees waardeur Hy soveel mense op fantastiese maniere aanraak.
As gevolg van die feit dat Whatsapp ons net toelaat om boodskappe aan 5 persone op ‘n slag te kan stuur, veroorsaak dit dat dit ongelooflik baie tyd neem en ook finansieël ‘n groot las word, om aan almal die skakels (links) te stuur vir die dagstukkies. Soos wat ek jou met jou gedeel het, is en bly die Internet ook maar ‘n groot uitdaging, soos jy die afgelope tyd agter gekom het. Ek stuur gewoonlik die dagstukkies so rondom 6:25 am en dan gaan sommiges eers hier rondom 8.00 am deur.
Ons ondersoek tans die moontlikheid om ‘n Lewe Lig Aplikasie (App) aan te koop wat jy sal kan aflaai en waarop jy dan elke dag jou dagstukkie kan luister. Ongelukkig sal ons nie meer die “links” van einde Maart af kan aanstuur nie. Die goeie nuus is, dat jy ook na die Dagstukkies op Facebook, Youtube en Spreaker luister.
Dan is daar groot planne in die Pyplyn vir E-kursusse, lewendige virtuele gespreksgroepe, maandelikse virtuele Sondagdienste, Groep-saam-dink, ens. Sluit aan by ons Live Light Facebook-bladsy (Live Light Facebook page) om op hoogte te bly of volg die blog deur jou e-pos aan te meld.
By Lewe Lig gaan dit vir ons oor gemeenskap – die saam vier van die lewe.
Dit gaan oor passie, nie wins nie.
Die feit bly egter dat die ontwikkeling van hierdie digitale hulpbronne ongelukkig geld kos. Dit is vir ons ‘n bietjie ongemaklik om te vra, maar ons het u hulp nodig. Ons is nie bemarkers nie. Ons is individue wat probeer om ‘n verskil in mense se lewens te maak, deur motivering, inspirasie en ondersteuning te bied. Ons wil soveel as moontlik van dit wat ons doen graag gratis aanbied, maar aan die einde van die dag is daar onder andere rekeninge wat betaal moet word en ‘n lewe wat gemaak moet word. Jy kan ‘n Lewe Lig ondersteuner word deur ‘n skenking van R20 per maand te maak. Dis net R1 vir jou dagstukkie en daaglikse motivering op Whatsapp! Minder amper as wat een Cuppachino jou ‘n maand kos.
OF
Jy kan ‘n mede-reisiger word teen R100 ‘n maand. As mede-reisigers kwalifiseer jy dan ook vir sekere voordele soos; Ekstra Pitkos, afslag op produkte, berading ens. Ons vertrou die Here om voor einde Julie 2019, 500 mede-reisigers te hê wat elkeen R100 bydra wat ons instaat sal stel om al ons bedryfs uitgawes te kan dra.
Indien jy verkies om nie as ‘n Ondersteuner of Mede-reisiger betrokke te raak nie, sal jy nog steeds elke dag jou gratis Dagstukkie ontvang. Ons wil regtig op geen manier jou onder druk plaas nie.
In die volgende paar weke sal ons vir jou presies vertel hoe jy ‘n Lewe Lig ondersteuner kan word. Tot tyd en wyl kan jy ‘n vrywillige donasie maak deur op die kontak bladsy hieronder te kliek en vir my ‘n E-Pos te stuur, dan stuur ek vir jou die bankbesonderhede.
Sedert Desembermaand 2018 bedryf ek weer ’n voltydse spreekkamer. Daar is verskillende kategorieë van sessies wat ek doen.
Berading
– Huweliksberading, Krissisberading, Persoonlike berading ens. (Vasgedraaide stories en lewensprobleme) Dit is meestal waar dinge begin om uit mekaar te val as gevolg van ernstige probleme. Gewoonlik is dit ten minste een sessie per week met opeenvolgende weeklikse sessies en later dan maandelikse monitering sessies.
Mentor
‘n Oor wat hoor en waar jy die geleentheid gebied word om so bietjie uit jouself te klim en om saam met iemand na jouself te kyk, onder leiding van die Gees. Dit is nie “probleem” gedrewe nie en is meer ‘n geleentheid om beter insig in jou eie menswees te kry en om sodoende die beste jy te kan word. In kort kan dit mooi saamgevat word onder, “geestelike begeleiding.” Aanvanklik twee maal per maand en dan later een maal per maand.
“Life-coaching”
Hier gaan ons saam op soek na beter praktiese planne vir jou alledaagse lewe. Dit gaan oor effektiwiteit, strategiese beplanning, prioritisering, tydsbesteding, vind van balans, identifisering van tyds-diewe, kettings aan die voete ens. Aanvanklik weeklikse sessies, dan twee weekliks en dan een maal per maand.
Indien jy sou belangstel in enige vorm van Berading soos hierbo genoem, is jy meer as welkom om my te kontak vir meer detail by;
Sakke vol seën vir jou
Charl
Get Involved
Whether you want to engage with us daily, weekly, monthly or when the fancy takes you, we have something to offer you.
Join our free daily podcast, bite-sized snippets of motivation, helping you navigate your day, and your life, like a good cup of coffee (or rooibos).
We’re also working on a longer weekly podcast to keep you company on longer drives or as you wind down at the end of a long day. Watch this space!
And then there are plans for e-courses, live virtual fellowship groups, monthly virtual Sunday services, group tours and more! Join our Live Light Facebook page to keep updated or follow the blog by signing up with your email.
Live Light Community is about bringing like-minded individuals together to celebrate each other and journey through this life together. It’s about passion, not profit.
The fact remains however, that digital resources come at a cost. It’s a bit awkward to ask, but we need your help. We’re not salespeople. We’re individuals trying to provide motivation, inspiration and support. We want to keep as much as possible free, but at the end of the day there will still be bills to pay. And you can help by becoming a Live Light Supporter and donating R20 a month. That’s only R1 per podcast, and less than a Starbucks coffee!
But it’s totally up to you, no pressure. If you feel moved to support us, then we are humbled by your generosity. And if you prefer to enjoy things free of charge, then that’s ok too.
More information on how you can become a Live Light Supporter will be published in the coming weeks. Until then you’re welcome to make a donation by;
sending me an E-Mail and I will then send you our Banking details. Click on the link below.
OR by
Since the beginning of the year, I have started to operate a consulting room again. There are different categories of consultations that I am currently available for.
Counseling (Crisis intervention)
Marriage counseling, Crisis counseling, Personal counseling etc. (Crisis intervention) Usually this is at least one session per week with consecutive weekly sessions and later monthly monitoring sessions.
Mentoring
Mentoring is amongst others, speaking to someone who helps you to look objectively at yourself under the guidance of the Spirit. It is not “problem” driven and is non-directive. The purpose is to gain better insight and understanding into your own personal dynamics, to enable you to become the best version of yourself. In short, it can be summarized as, “spiritual guidance.” Initially twice a month and then later once a month.
“Life Coaching”
In Life coaching we embark on discovering practical means, that suites your unique personality best, to optimize your life experience and success factor. We address things like discovering and formulating your core values, prioritizing, time-management, identifying time thieves, strategic life planning, finding balance, change restrictors etc. Initially weekly sessions, then every two weeks, and then once a month.
If you are interested in any form of Counseling as mentioned above, please feel free to contact me for more details at;
Be blessed
Charl