BAIE DANKIE vir jou geduld. Na 'n hart-aanval was ek so bietjie op die Krukke-lys. Intussen het ons ywerig gebou aan ons nuwe Webwerf. Dit is nog onder konstruksie maar intussen kan jy jou dagstukkies daar gaan lees. Die Webadres is; livelightcommunity.co.za GROOT GROETE IN JESUS Charl
Category: Uncategorized
SÊ NOU MAAR …?
Sal jy dit glo? Sal jy dit glo? Juis as gevolg van almal wat iets oor alles te sê het, glo ons nie meer alles wat mense vir ons sê nie. Kortom, ons weet nie meer wat om te glo nie. Dit lei daartoe dat dit wat ons moet hoor en glo, dit wat die… Continue reading SÊ NOU MAAR …?
LEWE EN LIG.
Hoe meer jy na die Lig toe loop, in die Lig van die Gees, hoe meer groei jou Hoop.
DIE GROOT DORS.
Hoe meer ander ons Jesus-andersheid sien in die manier waarop ons lewe, hoe meer sal hulle Hom wil leer ken.
WAT TEL DIE MEESTE PUNTE VIR JOU?
In ons onvoorwaardelike liefhê van mekaar, ons deel met mekaar en ons uitreik na ander, word God al hoe meer sigbaar in ons gebroke wêreld
HÊ MY NET LIEF ASSEBLIEF!
Ons harte kry eers hawe as ons anker gooi in God se hart van onvoorwaardelike liefde en aanvaarding. Dan begin 'n "nuwe" lewe binne Sy Koninkryk.
HOE MEER HAAS, HOE MINDER SPOED.
Die pas waarteen ons lewe bepaal tot 'n groot mate dikwels ook, hoe naby ons aan God lewe. Vat God se pas vir die week
SO IETSIE VAN MY, SO ALLES VAN GOD!
Jy is gemaak om vir die wêreld te wys wat het die meeste waarde. Hoe meer jy begin leef volgens God se handelsmerk en beeld hoe meer gaan die wêreld verstom staan.
HOEVEEL IS GENOEG?
Ons kan eers "vergenoegd" begin lewe as ons begin om volgens God se "nodige" beginsel te begin leef. Dan volg vreugde en vryheid.
VERTROU GOD VIR DIE GROTER PRENTJIE.
Hoe meer ons groei in ons verhouding met God, hoe meer leer ons dat ons Hom kan vertrou en dat Hy net die beste vir ons begeer.