Snoei is seer maar daar is niks beter vir groei as die seer nie. Dan wys net al hoe meer van God se vrug in ons lewens.
Category: motivering
GENOEG IS GENOEG!
Die liefde reken die kwaad nie toe nie. Ons is vinnig om ander mense af te skryf, om boeke toe te maak. God het in Jesus vir ons kom wys wat kan gebeur as ons in liefde groei na Hom, ons self en ons naaste.
WAAR MAAK JY SKATTE BYMEKAAR?
Jy gaan op plekke kom en wees waar nie een van ons kan wees nie. Maak daar waar jy gaan wees die verskil wat net jy kan maak.
WIE IS JY?
Wie ek dink ek is, bepaal die waarde wat ek heg aan buite dinge. Hoe meer ek begin leef as KONINGSKIND hoe meer begin ek verstaan, wat regtig vir God belangrik is.
MOET NOOIT OPHOU LEER NIE!
Hoe meer ek elke mens en situasie sien as 'n leer-geleentheid uit God se hand hoe gouer begin ek om al hoe minder teen die lewe te baklei. Dan begin God se krag al hoe meer deur my vloei
SÊ NOU MAAR …?
Sal jy dit glo? Sal jy dit glo? Juis as gevolg van almal wat iets oor alles te sê het, glo ons nie meer alles wat mense vir ons sê nie. Kortom, ons weet nie meer wat om te glo nie. Dit lei daartoe dat dit wat ons moet hoor en glo, dit wat die… Continue reading SÊ NOU MAAR …?
HOE AANDAGTIG LUISTER ONS?
God is altyd "betyds". Altyd gereed om te help. Kan alles en wil alles. Het ons lief, wil ons versorg en seën met Sy beste. As ons net wil luister!
MET WATTER ORE LUISTER JY?
In ons soek en luister na wat God se wil is vir ons lewens, groei Sy leiding in ons harte en begin ons later "weet" wat Sy wil is.
LEWE EN LIG.
Hoe meer jy na die Lig toe loop, in die Lig van die Gees, hoe meer groei jou Hoop.
LEEF IN GOD SE LIG.
In my wegleef van wat ek wil hê en my begin om uit dankbaarheid te gee, vanuit God se oorvloed, ontdek ek hoe die donker in my hart al hoe minder word.