Wanneer ek begin om balans te vind vir my lewe onder leiding van die Heilige Gees, begin die lewe al hoe meer sin en betekenis kry. In die doen van dinge wat nie altyd lekker is nie, maar wel nodig, groei ek al hoe meer in Jesus se karakter en beeld.


