Wanneer ek begin om balans te vind vir my lewe onder leiding van die Heilige Gees, begin die lewe al hoe meer sin en betekenis kry. In die doen van dinge wat nie altyd lekker is nie, maar wel nodig, groei ek al hoe meer in Jesus se karakter en beeld.
Month: June 2021
ALLES BEGIN IN DIE HART.
In die vrede maak met jou unieke andersheid kan jy begin om jou unieke potensiaal te ontdek, saam met Hom wat jou so spesiaal gemaak het.
WIE HET BESLUIT WAT IS …?
Al het ons nie alles nie, het almal meer om voor dankbaar te wees as om oor te kla. Hou op vra en soek na meer en leer om dit wat jy het te waardeer.
HOU OP LUISTER NA DIE GESKREEU!
Verander die geskreeu om jou in dawerende applous deur in te val by God se lewensritmes. Dan begin jy om tuis te kom in jou eie vel.
SOEK NET OP DIE REGTE PLEK!
As ons maar net wil ophou soek na skatte wat deur mot en roes verniel word en stil genoeg wil raak, sal God ons deur Sy Gees lei na die grootste skat. Die een binne in ons.
WIE SE SÊ MAAK SAAK?
Hoe meer ons in Binne-mooi groei, hoe minder het ons 'n saak om aan te hou speel vir die pawiljoene.
STAAN PA VIR JOU FOUTE.
Dit is belangriker om die persoon se hart te wen en op te bou as om die geveg te wen. Aanvaar verantwoordelikheid vir jou aandeel aan die seer en gee die vryheid vir die ander persoon om dieselfde te doen.
DIE LEWE IS NIE VIR SUSSIES NIE.
Die Een wat by jou is, is baie groter as jou grootste seer en wil jou leer hoe om deur dit te groei. Want JY KAN!
“JY” EN “JA-MAAR” BRING MENS NÊRENS.
Om te erken dat jy 'n fout gemaak het, of nie weet hoe om iets te doen nie, is nie 'n teken van swakheid nie maar wel 'n teken van iemand wat bereid is om van die lewe te leer.
SKUIF OOR EN BEGIN LUISTER.
Die oomblik as ek wegfokus van die bron van seer en saam met God begin kyk na die groter prentjie, word die hanteer daarvan soveel makliker.