Niks wat die moeite werd is in die lewe kom maklik nie!
Toe ek begin stap het, was dit alreeds ‘n bitter koue 2 grade. Die koue het op my gesig gebrand, my asem het sulke wit wolkies geblaas, die lug in my longe het gebrand, want fiks is ek nou nie heeltemal nie. Toe het ek die toring gesien en glo my, dit was nou geen geringe torinkie die nie. Meer as 200 trappe hoog. Met bene wat alreeds van die opdraend na die toring gebewe het, het ons mekaar so gekyk en toe vat ek hom. Ek het geweet hoe langer ek kyk hoe minder gaan my lus en motivering word om te klim.

So, met die trap vir trap klim het twee groot waarhede deurgebreek. Elke mens, het sy eie pad wat hy moet stap, volgens die lengte van sy siel se bene. Jou doelwit bepaal die mate waartoe jy bereid is om op te offer daarvoor.
Voila! Met ‘n asempie wat op ‘n galop gejaag het, het ek toe bo gekom. Wat ‘n asemrowende lekkerte was dit nie om net so oor alles heen uit te kyk en te ervaar hoe die vrede-vure van die Gees, jou in Pappa Vader se liefde kom toevou nie!
So met die sit, rus en kyk het ek maar net weer besef, “magic” kom nie maklik nie! As jy nie bereid is om op te offer om op sekere plekke te kom, by sekere mense uit te kom, te beplan om iets spesiaal te maak nie, gaan die lewe sommer gou-gou sy glans vir jou verloor.
Die kroonjuweel-herinneringe lê iewers agter maklik, versteek vir jou en my. Al hoe ons dit kan kry is om bereid te wees om maar die opdraendes te stap en die torings van die lewe te klim.
Shalom!
Ek weet, jy dink nou seker 200 plus trappe, is nou nie die grootste van uitdagings in die lewe nie. Inderdaad so, maar weet jy as jy nie iets hoef te doen nie, met koue wat oral op die oop vel knyp, met bene wat brand, moet daar ‘n baie goeie rede wees hoekom jy dit doen. Ek kan jou verseker dit is beslis nou nie een van my gunsteling tydverdrywe om torings in die winter te wil klim nie. Die motivering? Die uitsig! Die toring is op een van die hoogste punte binne Lausanne gebou en dit is so hoog gebou sodat jy oor die omliggende bome die uitsig kan waardeer. Op pad toring toe het die son al begin sak en dit was weer een asemrowende mooi sonsondergang. Ek het besef dat al manier hoe ek dit gaan kan beleef is om maar die toring ding te doen.
Nothing worth living for come easy!
When I started walking, it was already a bitterly cold 2 degrees. The cold burned on my face, my breath was forming little white clouds, and my lungs was on fire. Does something give you the idea that I am not in the fittest form that I’ve ever been? You’re right! Then, I saw the tower and believe you me, it was not a little, “want to be” tower. More than 200 stairs high. With legs that were already trembling from the uphill to the tower, I gave the tower one look and started to climb before my motivation and determination would start to fade.
I know, you’re probably thinking that 200 plus stairs, are not one of the biggest challenges in life. Sure enough, but with cold that pinches everywhere on the open skin, with legs already quivering and burning, it was definitely not one of my favorite pastimes to climb towers in winter. So, somewhere in this crazy adventure there must have been a very good reason for doing it. The motivation? The view! The tower was built on one of the highest points in Lausanne and it was built high enough to elevate you above the surrounding forest, to be able to have a clear view over Lake Geneva and the Alps. On our way to the tower the sun was already setting, and it was once again a breathtakingly beautiful sunset. I realized that the only way I could experience the sunset and the view, was to climb the tower.
Whilst I was climbing, I was struck by two great truths. One – every man has his own path to walk through life, according to the length of his soul’s legs. Two – your goal determines the extent to which you are willing to sacrifice.
Voila! So, with a burning breath, a heart that rushed on a gallop, I finally reached the top. What a wonderful treat it was, not just the view but also being able to experience the calm and quiet as our Abba Father wrapped me in His unconditional love and acceptance.
Sitting there, catching my breath, I came to realize again, “magic” doesn’t come easy! If you are not willing to sacrifice to get to certain places, to make time for the one’s closest to you, to plan, to dream, to extend yourself beyond your own comfort, to make something special, then, very soon life will lose its luster.
The crown-jewel-memories in life always lay on the other side of ease and comfort, hidden from you and me. The only way to experience that “magic” is to hit the uphill’s of life and to face our towers of fear!
Shalom!

Wonderlik! En dis n uitdaging veral om die stel trappe te klim.
LikeLike