Jou Noodhulptas vir 2019 Jou vreugde-noodhulpkis vir 2019! By geleentheid loop ek in 'n ou vriend vas en soos dit nou maar die gewoonte is, vra ek; "en hoe gaan dit met jou?" So met 'n frons op die voorkop, 'n diep beswaarde gesigsuitdrukking en 'n amperse snik in die stem het hy gesê; "Goed… Continue reading Noodhulptas / Firstaidkit 2019
Month: December 2018
Dalk net – die laaste maal!
Hanteer en waardeer, almal, altyd, asof dit die laaste keer is, wat jy hulle gaan sien ! So in die aanstap na Platform 8 toe, was die woorde min en die knoppe in die keel baie. Tog was dit nie ongemaklik nie. As 'n mens met iemand aan die hart verbind is, dan sê die… Continue reading Dalk net – die laaste maal!
“Magic” moet gemaak word
Niks wat die moeite werd is in die lewe kom maklik nie! https://youtu.be/bx1kSAmwQsg Koud maar mooi! Toe ek begin stap het, was dit alreeds 'n bitter koue 2 grade. Die koue het op my gesig gebrand, my asem het sulke wit wolkies geblaas, die lug in my longe het gebrand, want fiks is ek nou… Continue reading “Magic” moet gemaak word
Aquatis: Verrassend mooi!
https://www.youtube.com/watch?v=97DjG4A1KMw Kyk dis nou wraggies Kaapse geelperske-reënweer hier in Switzerland. Vir die week wat ek nou al hier is, het ek so in totaal, miskien, 1 dag sonskyn gehad. Ousus sê darem, dat dit nou nie heeltemal die normale weerpatrone is vir die tyd van die jaar nie. Seker maar Pappa Vader se manier om… Continue reading Aquatis: Verrassend mooi!
Die groot bang
Kleintyd het ons in 'n huis gebly met so 'n laaaaaang gang. Ons kamer was aan die onderpunt van die gang en pappa en mamma se kamer aan die bopunt van die gang. As klein seuntjie was ek baaaaie bang. Baie keer het ek wakker geword na 'n nagmerrie met 'n hartjie wat so vlak… Continue reading Die groot bang
Hier is ek nou!
As jy my as jongman sou vra, waarheen ek op pad was, dan sou ek vir jou vinnig en maklik, presies kon sê waarheen ek gedroom het en hoe ek van plan was om daar uit te kom. Soos wat 'n mens ouer word, ontdek jy al hoe meer dat ons eindlik maar net so… Continue reading Hier is ek nou!